Kinders Van Die Wind Testo

Testo Kinders Van Die Wind

Ek ken 'n ou, ou liedjieVan lewenswel en wee.
Van lank vergane skepe in
die kelders van die see.
Die woorde is vergete
en tog die deuntjie draal.
Soos vaag onthoude grepies uit
'n baie ou verhaal.
Van swerwers, sonder rigting.
Van soekers wat nooit vind.
En eindelik was almal maar
net kinders van die wind.
Gesigte, drome, name.
Is deur die wind verwaai.
En waarheen al die woorde is
Sou net 'n kind kon raai.
Swerwers, sonder rigting.
Soekers wat nooit vind.
En eindelik was almal maar
Kinders van die wind.
Artisti per lettera
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
Privacy Policy
Privacy & Cookie Policy