Testo Kultuurfeestent Kobus
Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestentword vermaak deur mense met meer selfvertoue as talent
Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent
word vermaak deur mense met meer selfvertoue as talent
Ek wil n CD uitgee, wil hê dat hul my foto in Huisgenoot plaas
Ek het geen ideë van vermaak nie, maar wil n video instuur vir Geraas
En sy eerste treffer klink so
Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent
word vermaak deur mense met meer selfvertoue as talent
Elke Jan Rap en sy maat het n CD op die rak
Ons verstik aan al die 'treffers' hoe belaglik of hoe swak
My drome is onrealisties, ek's onder die indruk dat my beker oorloop
Maar ek weet as ek ou liedjies kan oorsing sal hordes mense dit steeds koop
En sy tweede trefferklink so
Elke dag n nuwe uitreiking, hoe nootvas of hoe plat
As jou pa die geld het kan jy maar die vonke laat spat
Die dam word al hoe voller en ons breine al meer leeg
Van die hordes mans en vroue wat musiekverkragting pleeg
Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent
word vermaak deur mense met meer selfvertoue as talent
Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent
word vermaak deur mense met meer selfvertoue as talent