Testo Stille Rivierstroom Nick Taylor
Jou huis is waar jou hart isMy hart is leeg geween
Vandat sy verdwyn het
wandel ek oral alleen
Sing oor somer briese
Jou weemoed sleep weer oor
Saammet die lowerstruike
sing my 'n hemelse koor
Chorus:
Liefde, Liefde's 'n stille rivierstroom
wat vloei deur ons woestynland
Droog die rivier weg
dan sal al die klein vissies sterf
Ek stap deur lee strate
Die echo's maak my seer
My hart is soos my hande
soekend maar bly altyd leeg
Woestyne kan my nie keer nie
Ek baan deur storms my weg
Ek sal die rivier weer terugvind
voor hierdie klein vissie sterf
Chorus